Verkoop jou kar – in Afrikaans!
Welkom by
OnsKoopJouKar
Verkoop jou voertuig met ‘n geruste hart aan mense wat voel soos familie. ‘n Lid van ons bekwame aankopespan behartig die inspeksie persoonlik, en handel die papierwerk en betaling daar en dan af. So maklik soos dit!
Vul hierdie vorm in en ons kontak jou in 'n japtrap.
So Maklik Soos Dit!
Ons Koop Jou Kar
Vir amper tien jaar al koop ons twee eienaars karre persoonlik aan by mense net soos jy. Met ‘n gesamentlike 24 jaar in die motorhandelbedryf verstaan ons teen dié tyd dat om ‘n kar te verkoop ‘n groot besluit is.
Ons verstaan ook dat jy eerlike, professionele mense soek wat jou kar teen ‘n markverwante prys sal koop.
Dit is lekker om jou te ontmoet – kom ons gesels!
Koop Een Van Ons Karre
Ons koop persoonlik karre aan wat mooi opgepas is, en verkoop hulle dan weer teen goeie pryse.
Ons gaan elke voertuig self deeglik na, laat doen ‘n padwaardigheidstoets en maak die kar pragtig skoon van hoek tot kant voordat ons dit beskikbaar stel om gekoop te word.
Kom kyk gerus wat tans op ons vloer staan.
Wat Kry Jy By OKJK?
Flinke Afrikaanse Diens
Geniet die gemak van om in jou eie taal besigheid te doen, met goeie, gawe, ervare mense.
Alles-In-Een
Ons behartig die hele transaksie en hanteer alles stap-vir-stap, van begin tot einde.
'n Aangename Ervaring
Ons proses is deeglik, maklik en vinnig, en verseker dat die papierwerk en betaling flink afgehandel word.
Loer Wat Is Op Die Vloer
Ons maak ‘n punt daarvan om goeie tweedehandse karre aan te koop. Sodoende weet ons dat die karre wat op ons vloer staan goed opgepas is, en vir ‘n nuwe eienaar baie gelukkige, veilige kilometers sal verseker.
Price: R129500
Mileage: 56000 km
Engine: 1.0 Petrol
Price: R249500
Mileage: 166000 km
Engine: 1.4 Petrol
Price: R189500
Mileage: 192000 km
Engine: 2.8 Diesel
Price: R189500
Mileage: 157000 km
Engine: 1.6 Diesel
Price: R309500
Mileage: 219100 Km
Engine: 3.0 Diesel
Price: R129500
Mileage: 153389 km
Engine: 1.4 Petrol
Enige Vrae?
Enige Vrae?
Besoek ons artikels vir handige raad om jou voertuig vinnig te verkoop, teen die beste moontlike prys.
Ek Wil My Kar Verkoop – Hoe Werk Dit?
- Vul die aanlynvorm op ons webtuiste in.
- Ons kontak jou en reël ’n afspraak op ’n tyd wat jou pas.
- Ons kom na jou toe om na die kar te kyk. Ons sal die volgende wil weet:
- Is die kar afbetaal? Is daar ‘n aflosbedrag? Het jy die papiere?
- Enige meganiese probleme waarvan ons moet weet? Was die kar in enige ongelukke?
- Het die kar ’n diensrekord?
- Hoe lank het jy al die kar? Enige inligting van vorige eienaars
- Ons sal op grond van die inligting vir jou ’n aanbod maak wat vir 2 weke geldig is.
- As jy die aanbod aanvaar, sal ons al die papierwerk uitsorteer en onmiddellik vir jou ’n oorbetaling maak.
- Ons kom haal dan die kar op ’n geleë tyd wanneer alles afgehandel is.
""Baie goeie diens en gawe mense. Ek beveel sterk aan."
Queane du Toit
"Fantastiese diens ontvang."
Taleitha Gower
"Plesier om met hulle besigheid te doen!"
Wim Stolz
Kom Ons Gesels
Ligging
133 Blyde Avenue
Sinoville, Pretoria
E-pos
Besigheidsure
M: 8am - 5pm
Di: 8am - 5pm
W: 8am - 5pm
Do: 8am - 5pm
V: 8am - 5pm
Sa: 8am - 3pm
So: Gesluit