Verkoop jou kar – in Afrikaans!

Welkom by

OnsKoopJouKar

Verkoop jou voertuig met ‘n geruste hart aan mense wat voel soos familie. ‘n Lid van ons bekwame aankopespan behartig die inspeksie persoonlik, en handel die papierwerk en betaling daar en dan af. So maklik soos dit!

Ons Koop Jou Kar

Vir amper tien jaar al koop ons twee eienaars karre persoonlik aan by mense net soos jy. Met ‘n gesamentlike 24 jaar in die motorhandelbedryf verstaan ons teen dié tyd dat om ‘n kar te verkoop ‘n groot besluit is.

Ons verstaan ook dat jy eerlike, professionele mense soek wat jou kar teen ‘n markverwante prys sal koop.

Dit is lekker om jou te ontmoet – kom ons gesels!

Koop Een Van Ons Karre

Ons koop persoonlik karre aan wat mooi opgepas is, en verkoop hulle dan weer teen goeie pryse.

Ons gaan elke voertuig self deeglik na, laat doen ‘n padwaardigheidstoets en maak die kar pragtig skoon van hoek tot kant voordat ons dit beskikbaar stel om gekoop te word.

Kom kyk gerus wat tans op ons vloer staan.

Wat Kry Jy By OKJK?

Flinke Afrikaanse Diens

Geniet die gemak van om in jou eie taal besigheid te doen, met goeie, gawe, ervare mense.

Alles-In-Een

Ons behartig die hele transaksie en hanteer alles stap-vir-stap, van begin tot einde.

'n Aangename Ervaring

Ons proses is deeglik, maklik en vinnig, en verseker dat die papierwerk en betaling flink afgehandel word.

Loer Wat Is Op Die Vloer

Ons maak ‘n punt daarvan om goeie tweedehandse karre aan te koop. Sodoende weet ons dat die karre wat op ons vloer staan goed opgepas is, en vir ‘n nuwe eienaar baie gelukkige, veilige kilometers sal verseker.

Enige Vrae?

Enige Vrae?

Besoek ons artikels vir handige raad om jou voertuig vinnig te verkoop, teen die beste moontlike prys.

Ek Wil My Kar Verkoop – Hoe Werk Dit?

  • Vul die aanlynvorm op ons webtuiste in.
  • Ons kontak jou en reël ’n afspraak op ’n tyd wat jou pas.
  • Ons kom na jou toe om na die kar te kyk. Ons sal die volgende wil weet:
    • Is die kar afbetaal? Is daar ‘n aflosbedrag? Het jy die papiere?
    • Enige meganiese probleme waarvan ons moet weet? Was die kar in enige ongelukke?
    • Het die kar ’n diensrekord?
    • Hoe lank het jy al die kar? Enige inligting van vorige eienaars
    • Ons sal op grond van die inligting vir jou ’n aanbod maak wat vir 2 weke geldig is.
    • As jy die aanbod aanvaar, sal ons al die papierwerk uitsorteer en onmiddellik vir jou ’n oorbetaling maak.
    • Ons kom haal dan die kar op ’n geleë tyd wanneer alles afgehandel is.

"Dit het presies 4 ure geneem van die oomblik dat Darryl na my Ford Ranger kom kyk het vir die geld om in my rekening te wys. Hy was vriendelik, behulpsaam en het uit sy pad gegaan om my op my gemak te stel. Geen van die ander koop en verkoop maatskappye het naby gekom aan die aanbod wat hy vir my gemaak het nie. Ek beveel OnsKoopJouKar ten volle aan. Ek sal nooit weer 'n ander maatskappy gebruik om met my motors te werk nie. Baie dankie vir 100% wonderlike diens."

Maya Durand

“Hulle weet wat hulle doen, ons is nie een oomblik spyt ons het ons kar aan hulle verkoop nie. Geen nagmerries nie, net goeie ervarings.”

Etta Venter Mollison

""Baie goeie diens en gawe mense. Ek beveel sterk aan."

Queane du Toit

"Fantastiese diens ontvang."

Taleitha Gower

"Plesier om met hulle besigheid te doen!"

Wim Stolz

Kom Ons Gesels

Ligging

133 Blyde Avenue

Sinoville, Pretoria

 

Besigheidsure

M: 8am - 5pm
Di: 8am - 5pm
W: 8am - 5pm
Do: 8am - 5pm
V: 8am - 5pm
Sa: 8am - 3pm
So: Gesluit

Stuur 'n Boodskap