My Voertuig Se Papiere Is Weg - Hoe Nou?
Jy wil jou kar verkoop maar jou papiere is weg - wat maak jy nou?
Wel, die enigste oplossing is om vir jou ’n pieknieksakkie te pak, ’n dag af te vat by die werk, en jouself by die lisensiekantore se ry te gaan neerplak. Jy gaan duplikaat natis-papiere moet aanvra en dit kan net gedoen word deur die eienaar van die kar (of eksekuteer van ’n boedel).
Neem die volgende items saam:
• jou identiteitsdokument
• bewys van adres
• lisensieskyf
• botteltjie water
• hoed om jou van die son te beskerm
• iets om aan te knaag as die ry lank vat
Vul dan die nodige dokumentasie by die lisensiekantoor in (of laai die dokumente vooraf af vanaf die eNaTiS webtuiste - http://www.enatis.com/).
Daar gaan ’n koste verbonde wees, so maak seker jy vind voor die tyd uit hoeveel kontant om saam te neem.
Alle sterkte!
Lees Meer:
Kom Ons Gesels
Ligging
133 Blyde Avenue
Sinoville, Pretoria
E-pos
Besigheidsure
M: 8am - 5pm
Di: 8am - 5pm
W: 8am - 5pm
Do: 8am - 5pm
V: 8am - 5pm
Sa: 8am - 3pm
So: Gesluit