OKJK - Ons Geskiedenis En Harte
Dan Smit en Daryl Britton is die eienaars van OKJK en het mekaar as klein kaalvoet seuntjies in 1996 ontmoet. Hulle ken mekaar al so lank, hulle is soos broers en maak daarom ’n fantastiese span.
Dan Smit en Daryl Britton is die eienaars van OKJK en het mekaar as klein kaalvoet seuntjies in 1996 ontmoet. Hulle ken mekaar al so lank, hulle is soos broers en maak daarom ’n fantastiese span.
Hulle kom albei uit die motorbedryf en het saam meer as 30 jaar se ondervinding. Agt jaar terug het hulle besluit om OKJK te begin en te fokus daarop om eerlike besigheid te doen, goeie karre aan te koop teen goeie pryse, en dit sommer te geniet terwyl hulle dit doen!
Om dit in Afrikaans te doen, en mense in hulle taal te help, is vir hulle belangrik.
Volgens Dan sy gunsteling deel van hierdie besigheid beslis al die mense wat hulle ontmoet. Almal het ’n storie oor hulle karre te vertel. Soms snaaks, nou en dan hartseer, en so los elkeen se storie ’n merkie op ons harte.
Hulle drink gereeld koffie saam ouma’s en oupa’s wat met heimwee oor die jare se goeie herinneringe met die kar terugdink en vertel. Van baba’s by die hospitaal oplaai tot kinders universiteit toe ry. Hulle kry die mense wat feesvier oor ’n nuwe motor, maar tog ’n traan pik as ons met die ou kar wegry. In hierdie moeilike tyd, is daar ook die wat uit nood hulle voertuig moet verkoop.
Lees Meer:
Kom Ons Gesels
Ligging
133 Blyde Avenue
Sinoville, Pretoria
E-pos
Besigheidsure
M: 8am - 5pm
Di: 8am - 5pm
W: 8am - 5pm
Do: 8am - 5pm
V: 8am - 5pm
Sa: 8am - 3pm
So: Gesluit